SKERPIOEN deur Wynand Coetzer
Maan 23 Nov 2009, 09:36 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer Misbruik
Joan Hambidge
Op die buiteblad van hierdie debuut word die boek as ’n juweel van ’n roman aangeprys. Iewers het ’n resensent dit glo met Etienne Leroux vergelyk.
Ons beleef nou ’n tyd waarin Dana Snyman met Raymond Carver in dieselfde asem genoem word. Twee resensente het reeds hoog opgegee oor hierdie roman: Skerpioen van Wynand Coetzer en dis waarom ek dit gelees het.
Dit is ’n roman met ’n swaar mitologiese ballas wat die storielyn ondermyn eerder as verhelder. Daar is verwysings na die 1001 Nagte, die tarot, Freud, Lilith, Persiese towerspreuke, Die Boek van die Dood, Isis en Osiris, en wat nog. Karakters se name is Siegfried, Nimrod en Anahita.
Waar Leroux met ’n mitologiese verwysing die storie ’n tweede betekenislaag gee, word die mitologiese stramien hier ’n belemmering.
Terloops, die toepassing van die tarot op bladsy 260 is foutief. Afhangend van die ligging van die kaarte tot ander kaarte, en of dit na bo of onderstebo lê, word betekenis uitgewerk. Dit word dan weer ondermyn deur te beweer dis nie regtig ’n tarotsessie nie! En dis dan presies wat hierdie roman doen: Dit gebruik kennis, maar sonder ’n diepgaande toepassing of begrip daarvan. Webwerwe paradeer hier as belangrikste en nie as aanvullende bronne nie. Die tabel agterin bedui dat hierdie roman bedoel is vir iemand wat werklik niks weet nie. (Geweet die Weegskaal staan ook bekend as Libra?)
Anahita, die sielkundige, moet die lewenstorie van die vermeende moordenaar, Nimrod, aan ons onthul. Natuurlik word die rolle omgeruil en ons beweeg na die sjamanistiese dimensie. Sy is ’n Boesmanmeisie (sic!) van die Kalahari en verder word die verhaal deur ’n aanslag onderstreep wat dikwels onverwagse en onbedoelde komiese effekte het.
“As ’n man ’n Lamborghini koop. Weet ek hoe hy voel,” argumenteer hy heftig. “Glo my. Ekself is ’n Ferrari-man. Gee my die pronkende perd . . .”. ’n Hond word ingespan om die binnespraak weer te gee, soos onder andere op bladsy 36.
Daar is ’n bronnelys en etlike erkennings. Kyk hier is gestudeer, hoor! Die cannelloni wat berei word, is glo losweg gebaseer op ’n resep uit Peter Veldsman se Suid-Afrikaanse Seekos-Banket. En dan? Dink die skrywer iemand gaan ná die lees van hierdie boek die resep beproef? As ons J. Hillis Miller se “reading as eating” inspan, moes die skrywer aan die bestanddele in die teks meer aandag gegee het.
Gaan lees eerder Etienne Leroux vir die ragfyne hantering van die mitologie. Of lees Thomas Pynchon vir ’n behendige hantering van verwysings. Of Ingrid Winterbach vir kostelike vermenging van die sublieme en alledaagse. “In Afrika se onmeetlike gewesenheid” verneem ons. En ja, die roman lewer kommentaar op die ordentlike man se begeerte na die hoer.
Dit is ’n roman wat onder ’n sterker redakteurshand iewers kon kom.
Ek voel om die bos gelei deur die hoogtastende uitsprake van mede-kritici. Dit is ’n roman in ’n drukkoker: te veel, te vinnig.
Daar skuil te veel stories en mites in die boek wat uitasem vertel is.
LAPA-UITGEWERS, PRETORIA. (SAGTEBAND, 396 BLADSYE, ISBN 978 0 7993 4498 1.)
JOAN HAMBIDGE IS PROFESSOR IN SKEPPENDE SKRYFKUNDE AAN DIE UK.
Onderwerpe:
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
boekredaksie25
| Geslag: |
|
Stuur Boodskap | |
| Stad: | Not Selected | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | Not Selected | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 54287 |
| Kommentaar: | 76 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 65 intekenaar(s)
Kentekens
- Altesame 509 skryw...2010/09/02 10:17:33 nm
- Brieweblad: Ingrid...2010/09/01 03:30:31 nm
- EMMA EN NELLA deur...2010/08/29 08:08:07 nm
- THE WAR FOR SOUTH ...2010/08/29 08:05:56 nm
- DIE BEGUNSTIGDE de...2010/08/29 08:03:17 nm



Lewer kommentaar