SEISOEN VAN SONDE, deur Chris Karsten

Maan 7 Des 2009, 10:06        0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik

Irna van Zyl
Hier’s ’n lekker vasvra. As jy hou van Deon Meyer se boeke gaan jy ook hou van die volgende. Kies ­enige drie: Plaasmoord, Karin ­Brynard; Naweek, Toast Coetzer; Skerpioen, Wynand Coetzer; ­Seisoen van Sonde, Chris Karsten; en Geldwolf, Carel van der Merwe.
Hoeveel van bogenoemde ­skry­wers is joernaliste?
Drie, Een, Twee, Al vyf?
(Antwoorde onderaan resensie.)
Daar bestaan nou geen twyfel meer nie. Joernaliste is aan die skryf. Misdaadfiksie skryf. Daarom ook word ons verlede gereeld in allerlei verbeeldingryke ­kleure, geure en mistastings ­uit­gediep, opgehaal en ten toon gestel met ’n goeie skeut boeiende ­navorsing daarby. Die wenners is natuurlik ek en jy en alle lesers wat groot ­plesier het aan ’n goeie ­storie, veral ’n spanningstorie.
Chris Karsten verras ná sy nie-fiksiereekse oor misdadigers met ’n lekker stewige riller, Seisoen van Sonde.
Kyk ’n mens so na wat die afgelope jaar uit­gereik is, is dit ook die seisoen van boeke. Dis nie net misdaadfiksie wat uiteindelik in Afrikaans ’n “ontploffing” beleef nie, die gehalte van vars skryfwerk wat ons vanjaar sien in ­boeke soos ’n Engel in die Hoenderhok, Swartskaap en Santa Gamka laat ’n mens se tone behoorlik krul. Gaan ons nie ­aanstaande jaar ’n interessante ­seisoen van pryse ­beleef nie!
Seisoen van Sonde spring weg met ’n vaart en ’n interessante ­perspektief. Jy ervaar die toneel deur die oë van die jagter, die moordenaar Jack. Daarna ontvou ander gebeure vinnig en jy herken die veelgeroemde voetewassery van Adriaan Vlok, Vlakplaas-agtige gruwels en die seld­same blou skoen­lappers van Brenton-on-Sea, wat ’n ­karakterrol losslaan. Gou blyk dit ’n meesterbrein skuil agter die reeks­moordenaar wat in die ­natuurskone Suid-Kaap aan die woeker is. Die ding wat die leser boei, is hoe al bogenoemde ­verband hou. Waarom dan, liewe leser, gee ek nie vir die man meer punte uit vyf nie? En glo vir my, dis nie omdat ek suinig is nie. Ek het kennis ­geneem van die lofbetuigings vir Karsten se roman en ek sit hom graag op ­enig­iemand se moetlees-ontspanningslysie, maar ­on­geluk­kig dink ek ’n bietjie skaafwerk hier en daar en ’n sterker slot sou die roman nader aan die top­kategorie van die genre gebring het. Laat ek verduidelik. Vir my val Karsten in die eerste 100 bladsye of so bietjie vas in sy eie navorsing oor Italiaanse stede en ver­wy­sings. (Ek weet van iemand wat ná 100 bladsye opgehou lees het, juis hierom.) Ja, ja ’n mens weet dit het te doen met sy verwysings na ­Dante se La ­Divinia Commedia, maar op die ou einde verdwyn Wim se voor­­­­ge­nome besoek aan Italië ­heeltemal, wat ’n mens laat wonder of die hele verwysing nie die ding onnodig kompleks maak nie.
My belangrikste beswaar lê ­daarin dat daar nie ’n duidelike hoof­karakter is nie, wat meebring dat die roman soms stukrag ­verloor en dat sommige van die komplek­si­teite op niks uitloop. Wat natuurlik op sy beurt lei tot ’n mindere ­­­op­stapeling van konflik teen die ­protagonis, iets wat ek dink Deon ­Meyer ­gewoonlik so meesterlik regkry.
Karsten se eintlike moordenaar kom nie as ’n vreeslike verrassing nie, die konfrontasie tussen Jack en Wim is op ’n kol maar flouerig en die eintlike ontknoping sonder te veel verrassings.
Bygesê: In die groter prentjie is dit beslis een van die betere weer­gawes van misdaadfiksie in ­Afrikaans en is my besware ­miskien te teoreties dat gewone ­lesers hulle daaraan moet steur.
(Antwoorde: Jy sal beslis ­Plaas­moord, Seisoen van Sonde en Geldwolf geniet as jy van Deon Meyer hou. Drie van bogenoemde ­skry­wers is joernaliste.)
HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 335 BLADSYE, ISBN 9780798150385.)
Irna van Zyl is direkteur van ­redaksionele ontwikkeling by New Media Publishing.

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

boekredaksie25

Geslag: Send Message Stuur Boodskap
Stad: Not Selected Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: Not Selected Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 54290
Kommentaar: 76
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 65 intekenaar(s)

Kentekens

(0)

Blog-rol

Onlangs Opgedateer

Boekeblok boekredaksie25 Die Oop Kaa... Murray24 Oos-KaapBurger OK Burger
antonjjansen Anton J AussieBoer Kevin D Die Burger ... René Lötter

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec