PRINSLOO VERSUS, deur Adriaan Meyer

Son 3 Jan 2010, 23:56        0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik

rinsloo Versus, deur Adriaan Meyer
Gerrit Olivier
Dit is moeilik om Adriaan Meyer se Prinsloo Versus (lelik uitgegee, met te veel setfoute) te beoordeel sonder om die stuk op die verhoog te gesien het. Die impak van ’n opvoering sal onder meer bepaal word deur die mise-en-scène en die ­aksente van ’n regisseur.
Die opset is baie druk, met die aanwesigheid van Koos Prinsloo self in ­verskeie gedaantes, drie kritici, ’n aantal spelers in ’n verskeidenheid rolle en ’n dramaturg wat van tyd tot tyd ingryp of die ­protagonis konfronteer.
Die samehang van die onderdele lê in die toneelskrywer se oortuiging dat Prinsloo intertekstueel nog “lewe” en dat die kontroversiële aard van sy werk steeds uitdagings aan ons begrip en sedelike norme bied. Dit mag waar wees, maar Meyer klink erg pretensieus as hy Prinsloo in sy voorwoord ’n “ikoon” soos James Dean noem en ook na die ­stuk verwys as “?’n foto in rou: ’n postmoderne blik op ’n ­tragedie van Griekse proporsies”.
Hierdie uitgangspunte is sen­sasio­neel en moeilik met ­mekaar te versoen. Die verwarring spreek ook uit die stuk self, wat aan die een kant ’n kollektiewe ­treurspel oor Prinsloo wil wees, aan die ander kant ’n psigodrama oor die gestorwe skrywer se konflik met vaderfigure en sy impak op ­kritiese lesers.
Meyer wil verder ook Prinsloo se verdediging van sy eie werk as ­“fiksie” en sy tegniek van “selektiewe ontbloting” aan die kaak stel. Volgens sy voorwoord word ­lesers deur dié ­tegnieke “doel­bewus verlei” om die ver­hale “bloot” as outobiografies te beskou. Wie is tog hierdie veronderstelde “lesers”?
As “kritici” ­­­ge­bruik Meyer vreemd genoeg naas Riana Scheepers (’n vanselfsprekende keuse) ook Johann de Lange (wat in sy Vreemder as Fiksie van 1996 meer ’n kreatiewe respondent is) en ­Danie Botha (wie se ­reaksie op Prinsloo nie in die openbaar as “kritiek” verskyn het nie). Die ­aksent val op die meer stryd­vaardige aspek van Prinsloo se werk, en veral op sy persoonlike “verraad” van mense deur die ­gebruik van persoonlike besonderhede in sy tekste. As stramien hiervoor dien ’n seleksie van Prinsloo se verhale in ’n vernuftige netwerk van aanhalings daaruit en ook uit die “kritici”, met die “dramaturg” as manipuleerder op die verhoog. Ten spyte van die deurlopende ­tegnieke is die geheel baie ­­fragmen­taries en val Meyer ’n bietjie vas in die gesag van sy bronne.
Meyer is geboei deur Prinsloo se oorskryding van die grens tussen fiksie en werklikheid. Sy hantering van dié problematiek is soortgelyk aan dié van Scheepers, wat in haar Koos Prinsloo: Die Skrywer en sy ­Geskryfdes (1998) die outobiografiese element in Prinsloo se werk en ­allerlei identifikasies van ver­haal­figure met mense in die werklikheid en met Prinsloo self op die voor­grond plaas. Ook hy sien die “flardes van skinderstories” in Prins­loo se werk eerder as die ­innoverende gebruik van sulke ­“sto­ries” raak.
Boeiend en selfs dramaties is dit natuurlik wel, maar die belangrikste aspek van Prinsloo bly op die ­agtergrond: die vraag hoe “skandalige” besonderhede verwerk en­ binne die ­logika van die teks getransformeer word. Op Meyer se “openbare, persoonlike en artis­tieke slagvelde” bly die “artistieke” en Prinsloo se meesterlike beheersing van die kortverhaal in die slag.
Meyer wil met sy titel die vraag wie die opponent van Prinsloo ­Versus is, aan die leser of teater­ganger oorlaat. Die groot en ­be­stendige probleem waarmee Prins­loo deur al sy konfrontasies met indivi­due en vaderfigure heen ­geworstel het, is in die eerste plek literêr van aard. ’n Stuk wat so intensief op sy transgressies fokus, mag sy bemoeienis met vorm­gewing – en die komplekse etiek wat daarmee saamhang – nie ver­waar­loos soos wat dit hier gebeur nie.
Die seksuele jaagtogte in ­Prins­loo is ook die soeke na ’n plek wat vry is van konvensionele ­mags­ver­hou­dings. Sy werk is gekompromitteer deur eie magspeletjies, maar op ’n bewuste en ironiese ­manier. Dit is uiteindelik Prinsloo se bewussyn van mag en sy geloof aan die woord wat nie net wraak neem nie, maar ook sal bevry – én die risiko’s wat hy ter wille hiervan geneem het – wat ’n mens moet ­probeer verstaan.
Meyer se gedurfde stuk bied ten spyte van sy kleurvolheid nie ’n ­inter­pretasie van die dinge wat van Prinsloo ’n skrywer in plaas van ’n woedende en teleurgesteldde kind gemaak het nie. Dit neem die groot lawaai rondom Prinsloo as uitgangs­punt en voeg teleurstellend weinig daaraan toe.
PROTEA BOEKHUIS, PRETORIA. (SAGTE­BAND, 143 BLADSYE, ISBN 978?1?86919?252?5.)
Gerrit Olivier is ’n literator van Wits.

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

boekredaksie25

Geslag: Send Message Stuur Boodskap
Stad: Not Selected Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: Not Selected Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 54283
Kommentaar: 76
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 65 intekenaar(s)

Kentekens

(0)

Blog-rol

Onlangs Opgedateer

Boekeblok boekredaksie25 Die Oop Kaa... Murray24 Oos-KaapBurger OK Burger
antonjjansen Anton J AussieBoer Kevin D Die Burger ... René Lötter

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec