HESTER SE BROOD, deur Hester van der Walt en Lies Hoogendoorn (illustrasies)

Maan 15 Feb 2010, 09:32        0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik


Madeleine roux
Kosboeke is uiteraard passievol, romanties en met geesdrif geskryf. Niemand skryf kil en koud oor kos nie, al is dit slegs ’n restaurant­resensie of ’n gewone handleiding vir die beginner.
Hester van der Walt se boek oor brood is veral geskik vir die by­siende leser. Die buitengewone groot lettertipe (13/18) en klok­helder swart-wit illustrasies deur Lies Hoogendoorn maak die boek aanskoulik en lok die onsekere broodbakker.
Die verhaal is ’n eenvoudige ­soeke na hoe brood gemaak word. Ja, enigiemand kan in Elizabeth ­David, of behoede ons, die ­vloekende Gordon Ramsay se ­boeke gaan opsoek hoe om brood te bak, maar feit bly jy moet eers self gaan knie en bak om die kuns te waardeer.
Van der Walt dra die ervaring voortreflik oor. Op ’n eenvoudige, selfs kinderlike manier, sonder om ooit kinderagtig of studentikoos te wees, beskryf sy die maak van gis, die eienskappe van meel, broodpanne, bakgereedskap en bak­oonde.
Haar Afrikaans is suiwer, ­deesdae sogenaamd outyds, maar nommerpas vir brood maak. Want broodbak is ’n antieke kuns en Van der Walt probeer om die taal ­daarvan soos ’n pottebakker weer te gee. Van die ruwe bestand­dele waarmee ’n mens werk en die ­spanningsoomblik wanneer die ­gerysde brooddeeg oond toe gaan, tot die uithaal van die bruin­gebakte brood en die afsny van die eerste korsie, word jy meegesleur.
Die Nederlandismes (soos ­pompernikkel pleks van swart­rog­brood) hinder hier en daar, maar daarvoor ­vergoed die ryke ver­­­wysings na haar bakkersmaat, Lies Hoogendoorn, wat haarself die stoker noem. As kunstenaar het sy die lieflike swart-wit tekeninge vir die skywer gemaak en haar vir die brood­eksperimente help vuurmaak.
Daar is ook uittreksels uit ­Hoogendoorn se sjarmante dagboek, wat gehou word met daaglikse vertellinge, geïllustreer met ­toepaslike en grap­pige sketsies. Die eerste 72 bladsye is hoofsaaklik filosofiese vertellings en hier moet die leser verstaan dat dié nie net ’n resepteboek vir broodbak is nie, maar hoe jy met hart en siel die bakproses aanpak.
Die dorpie Mc­Gregor in die Klein-Karoo waar Van der Walt en Hoogendoorn woon, is oortrek van uitheemse bloekombome en rooikrans en ­alles word vir vuurmaakhout ­uitgekap. Veral bloekom­hout maak ’n voortreflike vuur vir broodbak, wat in ’n ­outydse buite-oond gedoen word. Van ciabatta tot baguettes, rogbrood, kitkes en Joodse challah, tot veelgraanbrood met suur­desem en sommer outydse boerbrood, bied die boek jou talle nuwe insigte in die tydsame, amper magiese proses van gisting, plus hoe om deeg te knie. Dan kom die ­verdeling van die deeg, die ­vorming van brode, vuur maak, die baktyd en afkoel en berging van brood.
Die skrywer het wyd ­navorsing gedoen oor die ver­skillende ­metodes van broodbak. Sy is immers ’n wetenskaplike en dit verg konsentrasie om die terminologie te verstaan en te onthou vir die verder lees. Hierdie leser, ook ’n brood­bakker, het die boek eerste vir ­plesier deurgelees en met die tweede leesslag die resepte, een vir elke hoofstuk, noukeurig na­gegaan.
Die lys van terme, indeks en bronnelys agter in die boek is ’n welkome gids wat alte dikwels in instruksieboeke uitgelaat word. Die spelfoute hinder, maar ­ander­sins is die boek goed versorg en ­helder.
MODJADJI BOOKS, ATHLONE. ­(SAGTEBAND, 192 BLADSYE ISBN 978-0-9802729-8-7.)
Madeleine Roux is ’n joernalis en kosskrywer.

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

boekredaksie25

Geslag: Send Message Stuur Boodskap
Stad: Not Selected Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: Not Selected Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 54277
Kommentaar: 76
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 65 intekenaar(s)

Kentekens

(0)

Blog-rol

Onlangs Opgedateer

Boekeblok boekredaksie25 Die Oop Kaa... Murray24 Oos-KaapBurger OK Burger
antonjjansen Anton J AussieBoer Kevin D Die Burger ... René Lötter

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec