GOED OM TE WEET, deur Hans Büttner en George Claassen (reds.) en DIE SUID-AFRIKAANSE GIDS, deur Isabel Uys
Maan 1 Mar 2010, 09:48 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer MisbruikDawid van Lill
Kennis is mag. Dit beteken daar is baie goed om te weet, sê Hans Büttner. Só baie goed. Ja, sê George Claassen, en dit ís mos goed om als te weet. Toe stel hulle ’n kortbegrip van kennis saam en noem dit Goed Om Te Weet.
Dit is propvol nuttige neutedoppies. Omtrent 4 000 van hulle, wat elkeen in ’n paar woorde ’n belangrike saak opsom. Die paar woorde per onderwerp het seker die skrywers hoofbrekens besorg, want dit is makliker om ’n boek oor van hierdie sake te skryf as om dit in ’n paragraaf op te som. Hulle het egter uiters gedissiplineerd vasgebyt en by die kort-kort styl gebly. Dit is immers nie ’n ensiklopedie nie, maar ’n bekendstelling, ’n oorsig, van soveel belangrike onderwerpe as moontlik. Daar ís ’n paar foto’s, maar g’n oormaat van syfers en statistiek nie, en ook geen lyste nie. Dit is nie die doel van die boek nie. (Wat ek wel mis? Dalk die een of ander wêreldkaart – al is dit agter in die boek – net om te sien waar op die aardbol is al die verskillende plekke wat genoem word.)
Blaai gerus deur die boek, en jy sal sien hoeveel leer jy sommer by jou kennismaking met al dié uiteenlopende begrippe. Elke opsomming is net ’n vinnige prikkel wat jou stimuleer om meer te wil weet. Maar jy kan nie eintlik net blaai en loer nie, jy moet léés.
Die boek se uitgangspunt is Suid-Afrikaans, maar die hele geskiedenis van die mensdom en die ganse wêreld (en heelal) word gedek. Selfs die mitologie, die antieke beskawings, die kunste en die belangrike godsdienste kry ’n volwaardige plek in die 13 hoofstukke. Belangrike kruisverwysings word oral met pyle aangedui, en elke hoofstuk se inskrywings is alfabeties gerangskik. Die uitgebreide indeks maak dit baie maklik om te soek na wetenswaardighede wat nog êrens wegkruip.
Die samestellers is albei swaargewigte in die kenniswêreld en hulle het baie moeite gedoen om seker te maak dat dié boek ’n ereplek in SA huise sal inneem. ’n Reëltjie bo-aan die buiteblad noem dit “Die feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners”. As jy nie ingelig is vóórdat jy die 422 bladsye beetkry nie, sal jy ná die lees g’n verskoning hê vir ’n gebrek aan kennis nie. Dit is hopelik die eerste van vele feiteboeke uit dié twee se kennisbank.
’n Ander, nuwe boek wat maklik “kennis is mag” as leuse sou kon hê, is Isabel Uys se nuutste pennevrug. Sy noem dit Die Suid-Afrikaanse Gids – Feite en Wenke, en dit vul Goed Om Te Weet uitstekend aan. Die verbasende ding is juis dat dié twee boeke nie op mekaar se tone trap nie, maar elkeen sy eie plek in die SA kennismark vol staan.
Die Suid-Afrikaanse Gids is ’n alles-en-nog-wat-boek. Daar is hope lyste, feite, statistiek en tabelle, alles oor Suid-Afrika. As jy van lyste hou, skaf gerus dié boek aan. Dit is een van die omvattendste inligtingsboeke van dié aard wat beskikbaar is. Glo my vry, dit kos klippe kou om hierdie soort inligting te bekom. Nou is alles netjies op een plek. Die lyste word aangevul deur meer uitgebreide beskrywings van interessante plekke en gebeure, met biografieë van belangrike Suid-Afrikaners tussenin. Die Suid-Afrikaanse Gids het ook ’n dubbeldoelnaam. Dit is ’n gids met baie feite oor SA, ja, maar die res van die boek bevat ’n norring nuttige wenke oor enige onderwerp onder die son. Wil jy trou, skei of ’n begrafnis reël? Dis als daar. As jy wil kos maak, wyn kies, jou huis beveilig, water bespaar of selfs iemand in ’n ander taal groet, trek net dié allesweter nader. Kennis is inderdaad mag.
GOED OM TE WEET: TAFELBERG-UITGEWERS, KAAPSTAD. (HARDEBAND, 422 BLADSYE.)
DIE SUID-AFRIKAANSE GIDS: PROTEA BOEKHUIS, PRETORIA. (SAGTEBAND, 484 BLADSYE.)
Dawid van Lill is ’n skrywer en navorser.
Onderwerpe:
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
boekredaksie25
| Geslag: |
|
Stuur Boodskap | |
| Stad: | Not Selected | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | Not Selected | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 54272 |
| Kommentaar: | 76 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 65 intekenaar(s)
Kentekens
- Altesame 509 skryw...2010/09/02 10:17:33 nm
- Brieweblad: Ingrid...2010/09/01 03:30:31 nm
- EMMA EN NELLA deur...2010/08/29 08:08:07 nm
- THE WAR FOR SOUTH ...2010/08/29 08:05:56 nm
- DIE BEGUNSTIGDE de...2010/08/29 08:03:17 nm



Lewer kommentaar