DIETER EN MADAME ZENOBIA deur Nelia Engelbrecht
Maan 22 Feb 2010, 09:35 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer Misbruik
Adinda Vermaak
Volgens Nancie Atwell, ’n bekende Amerikaanse onderwyskenner, lewe amper-tieners in twee wêrelde: Hul vingers klou nog aan die kindertyd, terwyl hul voete onverskrokke vorentoe na vroeë volwassenheid stap.
Wie is dus die teikenlesers van ’n boek soos Dieter en Madame Zenobia? Die kind wat van ’n storieboek met helderkleurige prentjies sê, “Wow, dis cool,” of die kind (en dit kan dieselfde kind wees) wat uit die hoogte kyk na ’n boek wat só begin: “Dis tjoepstil in die saal. Nie een kind waag dit om te snuif of te hoes of hard asem te haal nie. Almal staar met groot oë na die hoof, meneer Du Plessis.”
Dieter en Krynauw is vasbeslote dat hulle die dief gaan vastrek wat die saal se muurhorlosie, ses silwer teelepels in die personeelkamer en die hoof se goue papiermes gesteel het. Dit lyk aanvanklik asof dit net so maklik gedaan as gesê is, maar dan begin sake skeefloop, want Zaanli Viljoen, kaptein van die o. 14-netbalspan, besluit om ook speurder te speel.
Zaanli is nie die enigste karakter met ’n naam met ’n Z wat hulle moet uitoorlê nie; daar is ook Madame Zenobia. En as die lesers, net soos Dieter, dink haar hipnotisering van mense is sommer net “ ’n groot bol tjol”, maak hulle ’n groot fout.
Intrige op intrige volg, want daar is nog iemand met ’n Z in sy naam in die prentjie: ’n beroemde Hongaarse skilder, Zoltan Bartok.
’n Storie wat lekker lees, met hoofstukke wat op krisisoomblikke eindig. Aan die einde word alle vrae oor die dief beantwoord, maar hierdie leser het nogtans ’n paar vrae.
Waarom op die agterplat die slot van die storie vir voornemende lesers weggee? Waarom ken die hoofkarakter feitlik net een tussenwerpsel, naamlik “flip”? Pas woorde soos die volgende by ’n gr. 7-kind: “iets bitters stoot in my keel op terwyl my ingewande onbedaarlik begin ruk”? Sal die lesers ook raaksien dat skilpad op ’n paar plekke as “skildpad” geskryf is? Hou die teikenlesers regtig van die rekenaargegenereerde figuurtjies in die animé-styl, met hul groot oë, dik bosse hare en lang, maer lywe?
’n Laaste vraag: Is die vrae in die vorige paragraaf regtig nodig? Solank die kinders die speurtog van Dieter en sy maats en sy skilpad (wat oulik geteken is) lees en geniet.
(Bron: Nancie Atwell, In the middle: New Understandings About Writing, Reading And Learning.)
HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 142 BLADSYE, ISBN 978 0798151016.)
ADINDA VERMAAK IS ’N KURRIKULUM-ADVISEUR VAN DIE WES-KAAPSE ONDERWYSDEPARTEMENT.
Onderwerpe:
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
boekredaksie25
| Geslag: |
|
Stuur Boodskap | |
| Stad: | Not Selected | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | Not Selected | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 54279 |
| Kommentaar: | 76 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 65 intekenaar(s)
Kentekens
- Altesame 509 skryw...2010/09/02 10:17:33 nm
- Brieweblad: Ingrid...2010/09/01 03:30:31 nm
- EMMA EN NELLA deur...2010/08/29 08:08:07 nm
- THE WAR FOR SOUTH ...2010/08/29 08:05:56 nm
- DIE BEGUNSTIGDE de...2010/08/29 08:03:17 nm



Lewer kommentaar