DIE TYD VAN DIE KOMBI‘S - Koos Kombuis
Maan 9 Nov 2009, 09:09 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer MisbruikANDRIES BEZUIDENHOUT
Hulle sê dieselfde berg kan heel anders lyk, afhangende van die rigting waaruit jy dit besigtig. Dis nou 20 jaar ná die Voëlvry-toer waarin die musikante Johannes Kerkorrel, André Letoit (nou bekend as Koos Kombuis) en Bernoldus Niemand (ook bekend as James Phillips), saam met hul bestuurder Dagga-Dirk Uys, geskiedenis in Afrikaanse musiek gemaak het.
Waar Voëlvry vir baie Afrikaners van my geslag ’n bevrydende ervaring was, is dit steeds vir Kombuis ’n traumatiese tydperk van sy lewe. Met Die Tyd van die Kombi’s gee Kombuis ons ’n blik op sý kant van die saak. “Want ek was daar. In die tyd van die Kombi’s,” skryf hy. In sy vorige outobiografiese werk, S eks & Drugs & Boeremusiek (2000), het hy steeds nie kans gesien om in besonderhede daaroor uit te brei nie.
Van Kombuis se kant van die berg probeer die boek nie juis om die impak van Voëlvry op die Suid-Afrikaanse politieke landskap te beoordeel nie. Baie beskou die toer as ’n politieke keerpunt onder Afrikaners. Ander voel weer dit het bloot saam met die tydsgees se stuiptrekkings geskop. Afrikaners was in elk geval besig om te verander. Hulle was moeg vir diensplig, sanksies en die bomme in daardie winkelsentrums wat toenemend die plek van die kerk as stedelike verwysingspunt ingeneem het. Mense wat hiérin belang stel, kan Pat Hopkins se boek Voëlvry: The Movement That Rocked South Africa (uitgegee deur Jacana) lees. Hy plaas Voëlvry ook in die konteks van die geskiedenis van Suid-Afrika en Afrikaanse musiek. Saam met die boek kry ’n mens ’n DVD van Lloyd Ross se insiggewende dokumentêre program, wat oor Voëlvry handel.
Dan is daar Albert Grundlingh se uitstekende artikel “Rocking the boat in South Africa? Voëlvry music and Afrikaans anti- apartheid social protest in the eighties,” wat in 2004 in die International Journal of African Historical Studies gepubliseer is. Grundlingh se argument is dat Voëlvry ’n uitgestelde 1960’s-revolusie in die Afrikanergemeenskap verteen- woordig, maar ook dat ’n mens nie die gebeure se politieke impak moet oorskat nie. Op die ou end kan die toer nie as ’n standhoudende sosiale beweging beskryf word nie.
Kombuis self is baie versigtig om nie die impak van Voëlvry te oorskat nie. Hy wys daarop dat daar talle ander kunstenaars was wat soortgelyke boodskappe oorgedra het. Die storie word onderhoudend vanuit die perspektief van die hede geskryf. Dis ’n Koos Kombuis wat liefde en stabiliteit gevind het wat terugkyk, maar steeds op sy kenmerkende wyse vanaf die heup skiet. Dit val op hoe hy sy kant van die saak probeer stel in vele van die bitter gevegte tussen hom en mense soos Johannes Kerkorrel, Dirk Uys en Anton Goosen. Maar dis ook duidelik dat hy met sy voormalige vyande probeer vrede maak.
’n Paar baie interessante vrae word gestel oor persoonlike keuses en die verloop van die geskiedenis. Kombuis wonder oor die aansluiting tussen kabaretvertonings soos Piekniek by Dingaan en die rock-inslag van Voëlvry. Wat sou gebeur het as daar ’n skerper verdeling tussen teater en die meer populêre rock-optredes was? Kombuis bespreek dit as ’n persoonlike kwessie wat rondom toeval en keuses draai, maar ek dink dit is vrae wat vandag nog relevant is. Bowenal gaan die boek oor die persoonlike koste wat groot figure in die wêreld van populêre kultuur soms betaal. Dit gaan oor dwelms en perspektief.
Vir ’n tyd lank is dit “ons” teen “hulle”, maar as die toer verby is, skop die afguns en paranoia in wat kunstenaarspersoonlikhede so laat bots. Die blik vanuit die Kombi wys hoe onstabiel hiérdie vorms van verset noodwendig is. Twintig jaar ná Voëlvry is die rock-rebellie natuurlik nie verby nie. Die Kombi’s kry waarskynlik nóú eers werklik momentum. Daar is juis vanjaar ’n dokumentêre film oor Fokofpolisiekar uitgereik. ’n Mens hoop dat die jonger generasie Kombuis se boek sal lees. Dis ’n bekommerde Kombuis wat hier skryf: “Mag hierdie boek die nuwe geslag die moed gee om die foute te vermy wat ons gemaak het, en ook die moed gee om die rebellie verder te voer indien nodig.”
Soos hy sal weet, dink elke generasie egter hulle is die eerste rebelle wat van die bergpieke af skree. Maar dalk is dit belangrik vir ’n nuwe generasie om uit te vind wat sê die enigste een van die Voëlvry-drie wat oorleef het. Wat doen jy as jou Kombi aan ’n donker kant van die berg stilhou?
) HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 256 BLADSYE, ISBN 9780798150996.)
) Andries Bezuidenhout is ’n sosioloog, digter en sanger.
(Kliek onder by vorige pos of volgende pos om ander poste te sien...)
Onderwerpe:
Pos
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
boekredaksie25
| Geslag: |
|
Stuur Boodskap | |
| Stad: | Not Selected | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | Not Selected | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 54292 |
| Kommentaar: | 76 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 65 intekenaar(s)
Kentekens
- Altesame 509 skryw...2010/09/02 10:17:33 nm
- Brieweblad: Ingrid...2010/09/01 03:30:31 nm
- EMMA EN NELLA deur...2010/08/29 08:08:07 nm
- THE WAR FOR SOUTH ...2010/08/29 08:05:56 nm
- DIE BEGUNSTIGDE de...2010/08/29 08:03:17 nm



Lewer kommentaar