BEGGING TO BE BLACK, deur Antjie Krog

Maan 21 Des 2009, 11:02        0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik



Christi van der Westhuizen
Antjie Krog is sekerlik die een Suid-Afrikaanse skrywer en ­digter wat by uitstek die aansien­like taak van “wit werk” aangepak het, ook in haar jongste boek, ­Begging to Be Black.
Wit werk is ’n proses waarin witheid deurtrap word. Witheid staan hier nie vir ’n velkleur nie, maar vir ’n ­maatskaplike posisie van politieke en ekonomiese ­bevoor­regting waarvan die ­“ander”, gemerk as “swart”, ­uit­gesluit word.
Mense van Europese afkoms ­beset die ongemerkte sentrum van witheid, gehandhaaf deur mites van universaliteit en natuurlikheid. Die ongemerkte sentrums van manlikheid, hetero­seksualiteit en middelklasheid, onder ­andere, funksioneer soortgelyk. Só word status quo-mags­verhou­dings ­genormaliseer.
Die titel kom van Salman Rush­die se The Satanic Verses waarin die karakter Mimi sê: “Don’t teach me about exploi­tation . . . Try being ­jewish, female and ugly sometime. You’ll beg to be black.” Krog span verskillende tipes nie-fiksietekste in op soek na ­maniere waarop ’n ontwortelde wit identiteit in ’n ­konteks van ’n ­dominante swartheid nuut verbeel kan word.
Waar ander verwerkings van die huidige wit identiteits­verwarring in Suid-Afrika ­dikwels poog om ’n onderdrukkende witheid tot eer­tydse ­“glorie” te rehabiliteer, vlek Krog die “hart van witheid” oop in haar hunkering na nuwe wording.
Sy stoei deurgaans met die ­nalatenskap van haar ma, soos Krog se eie genieting van Wagner se ­musiek wat herlei kan word na die “rassedaad” van ’n Joodse ­handelaar wat jare gelede plate van ­Wagner, gunsteling-musiek van die Nazi’s, aan haar ma, ’n apart­heidondersteuner, verkoop het.
Sy bevraagteken die Westerse ­binêre manier van dink (à la ­Descartes) wat geloof teenoor die reg stel, of vergifnis teenoor geregtigheid. Of gretig arrogant ander kulture interpreteer en ­opeis. Sy konfronteer wit mense se ­­“be­wonde­ring” vir wraak en “diep on­gemak” oor swart mense se ­ver­gifnis. As wit mense hieroor aan­gespreek word, is die reaksie seer­gemaaktheid, woede en bitterheid.
Daarenteen spruit swart mense se vergifnis uit ’n besef dat, ­by­voorbeeld, ’n apartheid-moordenaar net kon moor omdat hy sy menslikheid verloor het. Vergifnis kan hom sy menslikheid laat ­her­win wat dan die herstel van die apartheid-slagoffer se verwonde menslikheid moontlik maak.
Vergifnis is dus ’n voorbeeld van ­onderlinge verbondenheid in ­aksie. Dit open ’n nuwe manier van wees. Die uitsonderlike krag van onderlinge ­verbondenheid – die “hart van swartheid” – is dat selfs die “ander” omhels kan word. Hier verwys sy na eietydse voorbeelde soos Nelson Mandela, ­Desmond Tutu, Pumla Gobodo­ Madikizela se boek oor Eugene de Kock en ­Njabulo Ndebele se boek oor Winnie ­Madiki­zela-Mandela. Sy bou die ­argument verder aan die hand van die Basotho­koning Moshoeshoe wat ­oorwonne ­stamme nie uitgewis het nie, maar by die Basotho’s laat aansluit het; Franse sendelinge het op sy uit­nodiging op sy grond ingetrek en hy het gereelde ­intellektuele ­wissel­werking met hulle oor ­kultuur en godsdiens ­gehad. Krog se soektog bring die ­ver­woestende besef: die Afrika-raamwerk wat omarming van veel­voudige sienings moontlik gemaak het, is juis wat toegang ­gebied het vir plundering, ­uitbuiting en ­rassisme “by those who tolerate ­nothing else but their own”.
Die boek loop die gevaar om ­essensialisties te wees, dus om ’n ­“ware” essensie aan ’n groep ­mense toe te dig as die oorsaak van hul “altyd ­gedeelde” karakter­trekke. Krog ­­­pro­beer daarteen waak deur haar ­aanslag van oop ­gesprek, à la ­Moshoeshoe, en haar pleidooi vir hoe hibriditeit ­­­­ruim­tes van wording skep.
Sy loop ook moeilike kwessies ­trompop, soos dat die Mugabes en die Malemas “wegkom” met hul stand­punte omdat sommige swart mense deesdae onderlinge ver­bondenheid tot rasse- soli­dariteit vervlak.
Die boek is ook ’n soort boete­doening teenoor mense wat in die vroeë 1990’s, soos sy, ANC-lede was en teen wie sy in ’n moordsaak ­getuig het weens haar ­opvattings oor geregtigheid en ’n ­on­bewust­heid van die NP-regering se steun aan reaksionêre magte. Sy besef hoe beperk individuele reparasie is in die konteks van wittes “so ­obliviously unbent between country and chasm”.
Die wisseling tussen die ver­­skil­lende tekste het ’n mee­­sleu­rende effek. Hoewel Krog, soos gewoonlik, haar on-moedertaal­status beklemtoon, laat sy die Engels sing met aangrypend ­beskry­wings en ongewone woord­kombinasies. Hierdie aftasting van ons ­ontblote wortels is ’n estetiese uit­­nodiging na ’n nuwe ons.
RANDOM HOUSE STRUIK, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 291 BLADSYE, ISBN 9781770220706.)
Christi van der Westhuizen is die ­skrywer van White Power & the ­Rise and Fall of the National Party.

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

boekredaksie25

Geslag: Send Message Stuur Boodskap
Stad: Not Selected Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: Not Selected Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 54294
Kommentaar: 76
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 65 intekenaar(s)

Kentekens

(0)

Blog-rol

Onlangs Opgedateer

Boekeblok boekredaksie25 Die Oop Kaa... Murray24 Oos-KaapBurger OK Burger
antonjjansen Anton J AussieBoer Kevin D Die Burger ... René Lötter

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec