10 YEARS + 100 BUILDINGS – ARCHITECTURE IN A DEMOCRATIC SOUTH AFRICA, deur ’Ora Joubert (red.)

Maan 11 Jan 2010, 08:03        0  Kommentaar     Stuur Artikel
Rapporteer Misbruik


Frieda le Roux
Hierdie boek is bedoel om langs 10 Years 100 Artists (onder redaksie van Sophie Perryer) te staan.
Dié publikasie uit 2005 was, ­losweg, Bell-Roberts se viering van Suid-Afrika se eerste dekade van demokrasie.
100 Buildings is in dieselfde gees – die dekade waarna verwys word, is net ietwat langer. (Dalk spruit argitekte se onvermoë om by sperdatums te hou uit die rits spertye wat hulle noodgedwonge in hulle studiejare móés nakom.)
Die gevolg is ’n keur uit 13 jaar se bouwerk, van 1995 tot 2008.
Gegewe die gebrek aan publi­kasies oor plaaslike ­argitek­tuur, is hierdie boek ’n ­oase. Boonop het ’n mens hier te make met intelligente dog toeganklike tekste deur ’n handvol akademici en ander ­ingeligtes. Die steil paadjie wat ­elke inskrywing moes aflê voordat dit ingesluit (of afgekeur) is, help ook om die mate van agterdog oor die meriete van elkeen van die ­projekte by te lê.
Juis omdat publikasies soos hierdie so selde verbykom, is daar tog van die (veral ouer) projekte waarvan die insluiting ’n mens laat wonder. Nie oor die gehalte daarvan nie, maar eerder of die ruimte nie eerder gegee moes word aan ’n ander, minder ­bekende maar ewe verdienstelike, ontwerp nie.
Wat die debat oor ’n Suid-Afrikaanse styl betref, behoort hierdie boek heelwat leidrade te gee.
­Dikwels, wanneer ’n mens deur ’n bundel soos dié blaai, besef jy ook die invloed wat party argitekte op hul landgenote het. Dink maar aan Gawie Fagan: Sy interpretasie van kritiese regionalisme beskik oor ’n eerlikheid waarna daar meer dikwels (en met groter sukses) ­gestreef word. Boonop is die foto van Die Es (1964) heeltemal in die pas met van die ontwerpe wat ­elders in die boek (en in die ­afgelope dekade) staangemaak is.
Dan is daar die gebruik van eie materiale. Veral wat die huise ­betref, is daar heelparty wat tuis sal wees op die glansvoorblad van ’n internasionale tydskrif. Die ­wyse waarop plaaslike kleur en tekstuur dit egter aan (’n baie ­spesifieke streek in) Suid-Afrika bind, is verblydend.
Net soos goeie kuns is argitektuur, in wese, bedoel om ook ’n bietjie taai te wees. Beide die een wat dit bedink as die persoon wat dit probeer lees en verstaan, moet energie in die poging sit.
Dit hoef nie uitputtend, moeisaam en, uiteindelik, swaar op die gestel te wees nie. Maar dit moet jou betrokke maak. En daarvan is daar in hierdie boek – en land – genoeg!
BELL-ROBERTS PUBLISHING, KAAPSTAD. (HARDEBAND, 448 BLADSYE, ISBN 9780981420035.)

Onderwerpe: 

Pos 
| Vorige Pos

Herlaai Kommentaar
Lewer kommentaar
Kliek hier om in te teken en kommentaar te lewer.
[Sluit venster]

Pos 'n antwoord

Gereedskap

Help!

Gebruikersprofiel

boekredaksie25

Geslag: Send Message Stuur Boodskap
Stad: Not Selected Add to Friends Voeg vriend by
Nasionaliteit: Not Selected Block Blok gebruiker

Statistiek

Afrigator Rang

Bladlese: 54275
Kommentaar: 76
Beoordeling:
Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer.

Skryf in vir die blog

Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog

Skryf in vir RSS vanaf die blog

Nooi uit

Jy het 65 intekenaar(s)

Kentekens

(0)

Blog-rol

Onlangs Opgedateer

Boekeblok boekredaksie25 Die Oop Kaa... Murray24 Oos-KaapBurger OK Burger
antonjjansen Anton J AussieBoer Kevin D Die Burger ... René Lötter

Argief

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec